Laerskool Jan van Riebeeck

  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Welkom by Jan van Riebeeck

voorblad.jpg Die laerskool is die oudste Afrikaanse laerskool in die Kaap en het tans 350 leerders. Huppelland (Pre-primêr, 140 kinders) en die Laerskool vorm ‘n eenheid wat saam fondse insamel, naskoolse geriewe en aktiwiteite bied en een bestuur deel. Ons professionele opvoeders het ‘n moderne benadering tot die oordra van kennis, lewensvaardighede, waardes en norme.

 Die nuutste onderrigmetodes word toegepas in die opvoeding van alle leerders. Die skool bied Afrikaans as huistaal tot Gr. 7 aan. Engels as huistaal word aangebied vir Gr. 5 -7 leerders wat daarvoor kwalifiseer.  Ruim voorsiening word gebied vir begaafde leerders asook leerderondersteuning.

Ons gee individuele musiekonderrig in verskeie instrumente, rig 'n koor af, het ‘n goeie toegeruste biblioteek, gee kunsonderrig, beskik oor moderne rekenaargeriewe en gee professionele rekenaaronderrig.

Ons bied gereeld opvoedkundige uitstappies aan.  Al ons leerders – nie net die uitblinkers nie – kry by die prysuitdeling erkenning vir hul besondere gawes. 


Skoolure:

Gr. 1 - 2:  08:00 tot 13:20

Gr. 3: 08:00 tot 13:50 (en Vrydae tot 13:20)

Gr. 4 - 7: 08:00 tot 14:15 (en Vrydae tot 13:20)


Aktiveer die 'Kommunikator ':

http://www.school-communicator.com/download.php


 

 
November 2014
Mo Tu We Th Fr Sa Su
1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30

Teken In